ENGLISH: Volatilization differences between N sources Vervlugtiging van toegediende stikstof geskied hoofsaaklik in die vorm van ammoniak (NH3), hoewel verliese in die vorm van atmosferiese stikstof (N2 en N2,O) ook moontlik is. Ammoniak ontstaan uit ammonium (NH4+) bevattende en vormende kunsmis wanneer daar nie genoeg grondwater is waarin die ammonium kan oplos nie, soos wanneer die kunsmis op of naby die oppervlakte toegedien en gelaat word. Atmosferiese stikstof word van nitraat stikstof (NO3–) gevorm wanneer die bogrond vir lang periodes met water versadig is en daar dus ʼn volgehoue gebrek aan suurstof in die grond bestaan. Onder Suid-Afrikaanse toestande is ʼn gebrek aan voldoende water meer tipies ʼn probleem as lang periodes van versuiping. Die artikel fokus op ammoniak verliese uit toegediende kunsmis saam met faktore wat dit beïnvloed soos grond pH en temperatuur. Die effektiwiteit van urease inhibeerders wat die omsetting van ureum na ammoniak vertraag en sodoende ammoniakverliese beperk word saam met ander moontlike oplossings vir die probleem bespreek. Ammoniakverliese word baie sterk deur grond pH beïnvloed (Figuur 1). Grond pH verhogings van 6.5 na 9.1 het ammoniak verliese by ureum met 18% oor vyf gronde verhoog. Ureum het die meeste vervlugtig gevolg deur DAP, Ammoniumsulfaat, MAP en KAN. Die verskil in vervlugtiging tussen ureum en KAN was 15% by ʼn pH van 9.1. Die omsetting van ureum na ammonium gaan ook gepaard met ʼn pH verhoging in die grond wat verklaar waarom ureum meer vervlugtig as ander stikstofbronne wat dieselfde hoeveelheid ammonium-N vrystel. Soortgelyk sal DAP die pH van grondoplossings verhoog. Die implikasie hiervan is dat hoër peile van toediening, wat meer kunsmiskorrels per eenheidsoppervlakte tot gevolg het, die grond pH meer sal verhoog en dus die % ammoniak verlies ook sal verhoog. Die hoeveelheid ammoniak wat moontlik kan vervlugtig kan veel meer wees as wat in Figuur 1 aangedui word. Du Preez & Burger (1986) het ammoniak verliese van tot 55% by ureum toedienings van 240 kg N/ha, op ʼn grond met ʼn klei-inhoud van 50% en ʼn oorspronklike pH (H2O) van 7.5 aangetoon. Botha & Pretorius (1988) het ammoniak verliese van tot 61% by ureum toedienings van 83 kg N/ha op ʼn grond met ʼn klei-inhoud van 9.5% en ʼn pH (H2O) van 7.9 (na ureum toedienings) aangetoon. Fenn & Miyamoto (1981) het ammoniak verliese van 66% na oppervlak toedienings van ureum op ʼn grond met ʼn pH van 7.8 (H2O) aangetoon. Temperature wat toeneem van die lente tot midsomer het ʼn drastiese toename in ammoniak verliese uit ureum en UAN tot gevolg, maar het byna geen effek op ammoniak verliese uit KAN nie (Figuur 2). Hoeft et.al. (2000) het aangedui dat die gebruik van urease inhibeerders die grootste potensiaal het om effektief te wees bo 10° C. Urease inhibeerder soos Agrotain, SKW Piesteritz en Hanfeng Evergreen vertraag die omsetting van ureum na ammoniak en dus ook die vrystelling van ammoniak. Gemiddelde verminderings in ammoniak vrystellings van 70% (25 tot 100%) vir ureum en 44% (15 tot 71%) vir UAN is al vir Agrotain gerapporteer (Chambers…

